Jane Goodall

Jane Goodall

Dame Jane Morris Goodall DBE ( /ˈɡʊdɔːl/ ; gebore Valerie Jane Morris-Goodall op 3 April 1934),[1] voorheen Barones Jane van Lawick-Goodall, is 'n Engelse primatoloog en antropoloog.[2] Goodall, wat gesien word as die wêreld se voorste kenner van sjimpansees, is veral bekend vir haar 60-jarige studie van sosiale en gesinsinteraksies van wilde sjimpansees sedert sy die eerste keer in 1960 na die Gombe Stream Nasionale Park in Tanzanië gegaan het, waar sy mensagtige gedrag onder sjimpansees gesien het, insluitend gewapende konflik.[3] In April 2002 is sy aangewys as 'n VN-boodskapper van vrede. Goodall is 'n erelid van die World Future Council.

  1. The Biography Channel (2010). "Jane Goodall Biography". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2010. Besoek op 28 Julie 2010.
  2. Holloway, M. (1997) Profile: Jane Goodall – Gombe's Famous Primate, Scientific American 277(4), 42–44.
  3. "2013 is here, and we are ready!". NhRP Website. Nonhuman Rights Project. 16 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2013. Besoek op 3 September 2013. The following year, I created the Center for the Expansion of Fundamental Rights, Inc. (CEFR), which is now the Nonhuman Rights Project, Inc., with Jane Goodall as a board member.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search